Funksies wat ons elke dag gebruik

Funksies wat ons elke dag gebruik
Ontdek funksies rondom ons
In byna alle fisiese waarnemings wat ons maak sal ons kan oplet dat die een kwantiteit afhanklik is van 'n ander kwantiteit. Met ander woorde dat daar ‘n verwantskap bestaan tussen sekere kwantiteite. Hier is ‘n paar voorbeelde:[br][br][list][*]Jou lengte is afhanklik van jou ouderdom.[/*][*]Die temperatuur is afhanklik van die tyd van die dag.[/*][*]Die bedrag wat ek vir petrol betaal is afhanklik van die aantal liters wat ek insit.[/*][/list][br][color=#0000ff]In wiskunde gebruik ons die term [b][i]funksie[/i][/b] om die [b][i]afhanklikheid[/i][/b] tussen kwantiteite uit te druk. Funksies definieer dus die [b][i]verwantskap[/i][/b] tussen kwantiteite.[/color] ([i]Hierdie is 'n baie informele definisie van 'n funksie[/i].) Ons verwys dan na:[br][list][*]Jou lengte as 'n funksie van jou ouderdom.[/*][*]Die temperatuur as 'n funksie van die tyd van die dag.[/*][*]Die bedrag wat ek vir petrol betaal as 'n funksie van die aantal liters wat ek insit.[/*][/list]
Aktiwiteit: Vulstasie Funksie
Kom ons bestudeer die voorbeeld van die bedrag wat ek vir petrol betaal. Die prys van petrol is tans ongeveer R17 per liter. Ons kan dus die funksie as volg uitdruk:[br][br][b][color=#ff0000]funksie(liter) = 17 X liter. [/color][/b][br][br](In aktiwiteite wat volg sal ons in meer besonderhede die funksie notasie verduidelik.)[br][br]In hierdie aktiwiteit kan jy die funksie toets. Sit ‘n getal in die blokkie wat ‘n aanduiding is van die aantal liters wat jy wil insit en die funksie sal dan bepaal wat is die bedrag wat jy die vulstasie moet betaal vir die petrol. Jy kan elke keer net 'n nuwe aantal liters insit.[br][br]Geniet dit!
Gebruik 'n funksie om die bedrag te bereken wat ek verskuldig is aan die vulstasie
Aktiwiteit: Nog meer voorbeelde

Información: Funksies wat ons elke dag gebruik