Die formele definisie is: [color=#0000ff]'n Funksie [/color][math]f[/math][color=#0000ff] is 'n reël wat vir elke element [/color][math]x[/math][color=#0000ff] in die versameling [/color][math]A[/math][color=#0000ff] presies een element, genoem [/color][math]f[/math][color=#0000ff]([/color][math]x[/math][color=#0000ff]), het in die versameling [/color][math]B[/math][color=#0000ff].[/color][br][br]Die funksie notasie is as volg: [math]f[/math]([math]x[/math])=[math]3x^2-2[/math][br][br]Dit mag dalk nou as te veel voel vir jou maar ons gaan in een die volgende aktiwiteite dit in meer eenvoudige terme en met voorbeelde verduidelik. [br][br]Dit is egter belangrik dat jy die volgende punte moet waarneem:[br][list=1][*]Daar is 'n versameling van [b]inset waardes[/b] [math]x[/math] wat ook bekend staan as die [b]definisieversameling[/b]. Hierdie waardes is ook [b]onafhanklik [/b]van die waardeversameling wat in die volgende punt genoem word.[/*][*]Daar is is 'n versameling van uitset waardes [math]f[/math]([math]x[/math]) wat verkry word deur die inset waardes [math]x[/math] in te stel in die [b]reël [/b][math]3x^2-2[/math]. Hierdie stel [b]uitset waardes[/b] staan ook bekend as die [b]waardeversameling [/b]en is [b]afhanklik [/b]van die definisieversameling. [/*][*]Daar bestaan dus 'n verwantskap tussen die waardes soos bepaal deur die [b]reël [math]3x^2-2[/math][/b] [/*][*]Die belangrikste voorvereiste is dat vir elke [math]x[/math]-waarde in die definiesieversameling kan daar [b]slegs een unike[/b] [math]f[/math]([math]x[/math])-waarde in die waardeversameling wees. Indien nie, kan dit nie 'n funksie wees nie.[/*][/list]
In die volgende oefening gaan daar verwag word om te kan ondeskei tussen:[br][list=1][*][color=#00ff00][b]Normale vergelykings[/b] [/color](Onthou dit sal net een veranderlike hê)[/*][*]Vergelykings wat spesiaal is en geklasifiseer word as [b][color=#0000ff]formules of leterlike vergelykings.[/color][/b] (Onthou hulle sal twee veranderlikes hê.)[/*][*]Vergelykings wat spesiaal is en geklasifiseer kan word as formules of letterlike vergelykings maar ook verder as [b][color=#ff00ff]funksies[/color][/b]. (Onthou: 'n Funksie [math]f[/math] is 'n reël wat vir elke element [math]x[/math] in die versameling [math]A[/math] presies een element, genoem [math]f[/math]([math]x[/math]), het in die versameling [math]B[/math].)[/*][/list][br]Om die oefening te doen moet jy die volgende doen:[br][list=1][*]Klik op die geel knoppie [b][color=#9900ff]"Begin die oefening" [/color][/b]en die program sal 10 verskillende vergelykings laai.[/*][*]Bestudeer die vergelykings en besluit of dit 'n Normale Vergelyking, 'n Formule (Leterlike Vergelyking) of 'n funksie is.[/*][*]Langs die vergelyking is 'n [b][color=#9900ff]blou kolletjie[/color][/b]. Indien jy met die linker muis knoppie op die kolletjie klik en dit inhou, kan jy die kolletie met die vergelyking sleep in die korrekte spasie.[/*][*]Sleep nou alle [b][color=#ff00ff]Funksies [/color][/b]binne die [b][color=#ff00ff]pienk raam[/color][/b], [b][color=#0000ff]Formules (Letterlike Vergelykings) [/color][/b] binne die [b][color=#0000ff]blou raam[/color][/b] en alle [b][color=#00ff00]normale vergelykings[/color][/b] binne die [b][color=#00ff00]groen raam[/color][/b].[/*][*]As jy alle vergelykings geplaas het waar jy glo dit moet wees, klik op die geel knoppie "[b][color=#9900ff]Merk jou werk" [/color][/b]om te sien of jy dit reg het.[/*][*]Indien jy weer die oefening wil doen kan jy bloot net die geel knoppie [b][color=#9900ff]"Probeer weer"[/color][/b] en begin van voor af.[/*][/list][size=150][b][color=#ff0000][size=200][center][b][color=#ff0000][size=200]Geniet die oefening![/size][/color][/b][/center][/size][/color][/b][/size]