Een van die eienskappe van die verwantskap ivan die reguit lyn is die gradiënt van die lyn wat bepaal of die verwantskap ’n “stygende” of ’n “dalende” verwantskap is.[br][br][color=#ff0000]Die gradiënt van ’n reguitlyn word gedefinieer as die koers waarteen die lyn vertikaal styg of daal vir elke eenheid wat daar horisontaal na regs beweeg word. [/color][br][br]Die gradiënt tussen twee punte op die reguitlyn is die verandering in die y-waarde op (positief) of af (negatief) in verhouding met die positiewe verandering in x-waarde. Hier volg die formele formule van die gradiënt van ’n reguitlyn tussen twee punte A en B:[br][br][math]m_{AB}=\frac{y_A-y_B}{x_A-x_B}[/math][br] [br]Die volgende video verduidelik dit in meer detail.
’n Parabool vorm nie ’n reguit lyn nie, maar eerder ’n kurwe. In die geval bestudeer ons die [color=#0000ff]gemiddelde gradiënt tussen twee punte [/color]om te bepaal of die verwantskap ’n “stygende” of ’n “dalende” verwantskap is. Die gemiddelde gradiënt is dan die gradiënt van die reguitlyn tussen die twee punte.[br][br]In die volgende video bespreek ons dit in meer detail.