VAW - Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, is ʼn inisiatief van Solidariteit Helpende Hand.
[b]Visie[/b]
Om Afrikaanssprekende wiskunde-onderwysers te ondersteun deur middel van opleiding in die nuutste onderrigmetodes en tegnologie.
[b]Missie [/b]
[list]
[*]Wiskunde-onderwysers moet voel dat hul gewaardeer, ondersteun en bemagtig word deur die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers.
Die VAW wil die voorloper in Suid-Afrika wees van wiskunde-onderwys, - onderrigmetodes en tegnologie wat wêreldwyd in die klaskamer toegepas word.
Die VAW wil elke wiskunde-onderwyser se professionele liggaam en spreekbuis wees ten opsigte van kurrikulum inhoude asook die regte waarop wiskunde-onderwysers in Suid-Afrika kan aanspraak maak.